Hercules & Sariana / Grin Court Estate – Polokwane

By ‘n pragtige venue net buite die besige stad, kon Hercules en Sariana rustig raak en saam famile en vriende hierdie spesiale dag deel. Ons ken ook vir Sariana en Hercules van skooldae af, Sariana is een van ‘n identiese tweeling en Hercules sal maar versigtig moet wees as die twee sussies bymekaar is! Ons het lekker gelag en baie fun gehad saam julle die hele dag. Dankie vir jul gasvryheid en geselsies…. wat ‘n voorreg om so mooi dag saam julle en julle families te kon deel!