Stefan & Yolandi / Mapungubwe Nature Reserve

Hierdie twee mensies het al die pad van die Karoo hier kom trou, Yolandi het ‘n stukkie van haar hart in Mapungubwe verloor toe sy na universiteit haar prakties as plantkundige hier in die pragtige natuur kom doen het. Teen die Limpopo Rivier met ‘n uitsig oor Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana het hierdie twee mensies trou aan mekaar beloof! Alles was so mooi … lekker kos, wyn en amazing mense het dit ‘n onvergeetlike dag gemaak. Stefan en Yolandi julle is pragtig saam, dankie vir die voorreg om julle fotos te kon neem, ons sal dit lank onthou!