Wilmar & Jannike / Bushfellows Nature Reserve

Wilmar en Jannike se bruilofsfees is op die laaste Wintersdag gehou. Die seremonie was in die hartjie van die bosveld. Jannike het beeldskoon gelyk in die mooiste mooiste rok.

Die onthaalsaal het ongelooflik gelyk en alles was die handewerk van Jannike, tot die fynste detail. Die aand is afgesluit met “bou jou eie wafel” en was dit nie ‘n fees nie!

Wilmar en Jannike is plat op die aarde mense en dit was so ‘n voorreg om julle troufoto’s te kon neem! Dankie vir julle gasvryheid!